Monday, September 12, 2016

Veld blomme

Ons het n paar dae gelede bietjie tyd in die veld spandeer met die kamera en al hierdie pragtige blomme gekry.

Dit is net wonderlik om te sien hoe perfek elke soort blommetjie gemaak is.


 Lees meer

VIA tv opname. Plaaskombuis Reeks

Ons is so bevoorreg dat die tv span vir VIA tv by ons n opname kom maak het vir n nuwe reeks.

Die reeks is geskoei op die Landbou Boerekos winter uitgawe 2016.

Die eerste episode van die reeks, waar ons die eerste op is, begin 14 September.

Hierdie is  n groepfoto van die span ,wat die opname gedoen het.

Magda se Dankbaarheids Tee 10 September 2016

Die wenner van ons Tee partytjie tydens ons Vier die Lewe funksie Magda, het n heerlike Dankbaarheidstee hier gehou.
Die rede vir die Dankbaarheids tee was omdat een van haar vriende, Sone, in n motorongeluk was maar saam met haar kinders ten volle herstel het.
Hul het saam met n groepie hartsvriendinne en familie die middag gevier.
Ons het soos gewoonlik ons heerlike vars gebakte soet en sout geregte voorgesit, die ou familie koekblikke as dekor gebruik en die pragtige rose van Robyn Rose by Citrusdal gekry.


 Lees meer