Thursday, February 20, 2014

16 Desember 2013: Alecia en Louis se pragtige troue





Alecia en Louis het hul familie en vriende uit die Transvaal saamgebring om hier by die Weskus te kom trou.
Hul seremonie was op die strand in Lambertsbaai en die onthaal na die tyd hier by Bosduifklip.

Alecia was pragtig in haar besonderse mooi rok en Louis natuurlik n baie trotse en gelukkige bruidegom.

Dit was n heerlike troue, gevul met die liefde van die bruidspaar en ook die liefde van die familie en vriende vir mekaar.

Daar is heerlike gekuier ,en gesmul en gedans tot laat.
Die ete onthaal is in die onderdakdeel gehou en die dans in die buitelugdeel.
Die dekor is gedoen deur Boeta Genis van Bazere Events.

Baie dankie dat jul Bosduifklip gekies het vir jul troue.
Ons wens julle n baie gelukkige en lang huwelikslewe saam toe.