Wednesday, May 22, 2013

Troue: Leon en Anita 23 Maart 2013


Leon en Anita se heerlike troue was 23 Maart 2013. Hulle is n pragtige paartjie en ons wens hulle 'n baie gelukkige huwelikslewe toe. Baie dankie dat ons deel kon wees van die heerlike dag. Anita was so pragtig, sy het die mooiste en stylvolste rok aangehad en Leon was so 'n gelukkige bruidegom. Die blomme en dekor is alles gedoen deur Anita se ma, Helene Rossouw, met die hulp van familie en vriende. Die blompotjies, is afgesaagde volstruisdoppe - hoe oorspronlik! Haar pa,Sakkie Rossouw, het dit met groot sorg gesaag en mooi gemaak.  Ons het hierdie mooi fotos van die troue, geneem deur Cheney, gekry. Lees ook die pragtige  dankie briefie wat ons ontvang het.