Thursday, August 4, 2011

Konfyt kook

Ek is besig om makataan stukke te kook - sal fotos opsit wanneer dit more in die potte is.
Die makataan stukke is die gewildste konfyt hier by Bosduifklip Restaurant.Dit word sommer met die lepel geeet en in reguit rytjies op die brood gepak.
Dit reen lekker buite nou - ons sien uit na die blomme wat binnekort oral gaan blom.Die meeste sien ons uit na al die gesels met die "blomme mense", soos ons die blomkykers noem.