Sunday, January 3, 2010

Pragtige natuur lewe op Bosduifklip se plaas










Bo is twee pragtige fotos van ons eie Springbokke op die plaas. Die springbokke word slegs geslag vir die springbok botjie. Daar is omtrent 40 springbokke wat wei op die plaas.
Onder links is 'n gifbol plant (Haemanthus amarylloides) wat slegs een keer elke sewe jaar blom! Hy blom slegs in Desember maande.
Sy groen blare wat hy het gaan dood voor die blomme verskyn. Nadat hy sy saad geskiet het gaan die blomme weer dood en  groen blare groei weer terug. Hy word 'n gifbol genoem aangesien sy blare giftig is vir vee soos skape en beeste.
Regs onder is 'n botterboom (Cotyledon Paniculata). Hy is 'n vetplant en kom vollop voor in die sandveld area. Kobus se hulle het as kinders dit gebruik om op die klippe af te gly aangesien hy slymstamme het.

Hier bo is 'n Koekemakranka (Gethyllis spp.) Hy blom ook slegs Desember maande. Na die blommetjies dood is kom daar vrug liggaampies uit wat lyk soos 'n aspersie stingel. Die stingel bevat sade en gee ook die heerlikse parfuum reuk af. Mense het dit gebruik as parfuum deur dit in hul sak te dra en hulle het dit ook in branewyn bottels gesit oor die heerlike geur wat dit afgee.